Dames Broek Patroonmaak Werkswinkel

Categories: Sewing Courses
Wishlist Share

About Course

Leer hoe om jou eie damesbroekpatroon te ontwikkel in hierdie praktiese, stap-vir-stap patroonmaakwerkswinkel. Hierdie werkswinkel help jou om die basiese beginsels van broekpatroonmaak te verstaan en jou patroonmaaktegnieke verder te ontwikkel. Die kursus is ideaal vir naaldwerkentoesiaste wat reeds basiese naaldwerkkennis het en graag hul vaardighede wil uitbrei.

What Will You Learn?

  • Hoe om 'n basiese damesbroekpatroon van voor af te ontwikkel.
  • Hoe om die voorpant en agterpant van 'n broekpatroon te teken.
  • Hoe om 'n toetsbroek (mockup) te maak en die pasvorm te beoordeel.
  • Hoe om broekpatrone vir rekstof aan te pas.
  • Hoe om 'n basiese broekblok vir verskillende style voor te berei.
  • Hoe om broekpatrone met panele en sakke te ontwikkel.
  • Hoe om 'n broekpatroon met 'n elastiese middellyf te ontwerp.
  • Hoe om gulp- en middellyfbandpatrone te teken.
  • Hoe om klokbroek-, bootleg- en palazzo-broekpatrone te ontwikkel.
  • Hoe om algemene passingsprobleme te identifiseer en patroonverstellings te maak.

Course Content

Dames Broek Patroonmaak Werkswinkel
Welkom by die Dames Broek Patroonmaak Werkswinkel! In hierdie afdeling begin jy met die basiese voorbereidings vir die werkswinkel. Jy sal leer watter benodigdhede jy nodig het en hoe om stap vir stap jou eie broekpatroon te ontwikkel. Werk teen jou eie tempo deur die lesse en geniet die proses om jou patroonmaakvaardighede uit te brei.

  • 1. Benodighede vir die Broek Patroon Werkswinkel
    02:14
  • 2. Broek Patroon Voorpant
    07:48
  • 3. Broek Patroon Agter Pant
    05:39
  • 4. Broek Mockup
    13:17
  • 5. Broek patroon blok vir Rekstof
    05:09
  • 6. Inleiding om die blok te verander na ander style
    07:05
  • 7. Die Broek Patroon met Panele en Sakke
    16:25
  • 8. Die Broek Patroon vir ‘n rek Middellyn
    02:39
  • 9. Die gulp en band patrone
    06:49
  • 10. Die Klok Broek of Bootleg Patroon
    03:21
  • 11. Die Palazzo of Wye Pyp Broek Patroon
    05:11

Student Ratings & Reviews

No Review Yet
No Review Yet